Leesplan inligting

Hoe om seks vir die huwelik te hou.Voorbeeld

How to Save Sex for Marriage?

DAG 2 VAN 3

Waar trek jy die streep?



Oorweeg die volgende mate van fisieke kontak en besluit waar jy die streep gaan trek. Met ander woorde, waar trek jy die streep nadat jy God se wysheid bekom het? 



Die doel is nie om jou iets goeds te ontsê omdat jy geleer het dis verkeerd nie. Om jou voor die huwelik te weerhou van seks — wat God geskep het en wat goed is — eer jy God en op die langtermyn bevoordeel dit jou huwelik. 



Deur jou passies tydelik aan God oor te gee, raak jy van enige skuldgevoelens ontslae, dit help jou fokus om op ander maniere 'n verhouding te bou en hou vir jou seëninge vir die toekoms in.  



Ons kan jou in spesifieke terme vertel waar ons dink jy jou grense moet stel. Ons kan vir jou sê dat enige tyd as jy verby vlak vyf gaan, dit eksponensieel moeiliker is om beheer te handhaaf. Om vir jou te sê wat om te doen, maak min verskil, tensy jy dit self glo en daarvan oortuig is. Ons kan nie jou gewete wees nie. 



Dit is 'n besluit wat jy ernstig moet oorweeg, met duidelike begrip waarop jou waardes gebaseer is. Dit gaan baie sielsondersoek van jou kant af vereis. “Stel julleself op die proef,” sê Paulus in 2 Korintiërs 13:5 “en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe.” Jy moet versigtig oorweeg waaroor jy en die persoon met wie jy uitgaan, saamstem en of iets aanvaarbaar is in die lig van jou waardes en doelwitte. 



Jy moet besluit wat aanvaarbaar is wanneer dit by fisieke aanraking kom. Jy moet besluit watter omstandighede (bv. om alleen in 'n woonstel te wees) nie aanvaarbaar is nie wanneer dit by die uitdrukking van julle passies en gevoelens kom. Jy moet ook ernstig oorweeg of die soort klere wat jy tydens 'n afspraak dra dit moeiliker gaan maak om by jou besluit te bly.



Om perke te stel is 'n besluit wat 'n mens op jou eie moet neem en uiteindelik met jou vriend(in) moet bespreek. Julle moet albei weet wat die perke is.  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Save Sex for Marriage?

Wanneer iemand ons vra of ons in seks voor die huwelik glo, reageer ons met 'n “ja en nee”. Dit klink aanvanklik na 'n verwarrende antwoord, maar dit skep die geleentheid om 'n baie belangrike punt te maak. God bevestig ...

More

Baie dankie aan Les Parrott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief:http//www.SYMBIS.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid