Leesplan inligting

Hoe om seks vir die huwelik te hou.Voorbeeld

How to Save Sex for Marriage?

DAG 1 VAN 3

Is seks voor die huwelik verkeerd? 



Soos ons vriend, Lewis Smedes dit stel, is seksuele omgang 'n daad wat lewens saamvoeg. Dis hoekom seks vóór die huwelik te vroeg is. Dit skend die hele doel van seks. Smedes sê: “Dit is verkeerd omdat ongetroude mense doelbewus deelneem aan 'n daad, sonder enige doel om in hul lewens saam te wees ... Omgang is soos 'n handtekening en seël wat lewens verenig — en dit is wat die huwelik beteken — 'n lewenslange verbintenis."



Die Skrif stel dit duidelik dat seks vir die huwelik is en die huwelik vir seks is. Jesus haal uit Genesis (1:27 en 2:24) aan toe Hy die volgende gevra het: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees'” (‭‭Matteus 19:4-5‬). Die skrywers van hierdie Skrifgedeelte gebruik seksuele reinheid en getrouheid tussen huweliksmaats as 'n beeld van ons verhouding met God (sien Hooglied, Hosea en Esegiël 16). 



As jy dus seksuele omgang vir die huwelik voorbehou, is die groot vraag, hoe? Hoe ontneem jy jouself van seks sonder om jou seksualiteit heeltemal te ignoreer? 



Ons gee toe dis beslis nie maklik nie, inteendeel, dit kan baie moeilik wees — maar dit is nie onmoontlik nie. Ons weet van baie gelukkige paartjies wat seks vir die huwelik uitgehou het. Indien jy wonder, ons het ook onsself van seks voor die huwelik weerhou. Tydens die sewe jaar wat ons in 'n verhouding was, was daar passievolle oomblikke en situasies waar ons deur versoekings getoets was, maar ons het getrou gebly aan ons besluit om te wag. As ons terugkyk oor ons verhouding, bly dit een van die beste besluite wat ons ooit geneem het. Ons het baie tyd gehad om te groei deur die natuurlike fisieke stadiums van intimiteit namate ons permanente toewyding aan mekaar gevorder het.



Die geheim om seks vir die huwelik uit te hou, is opgesluit in een woord: perke. Paartjies wat hulself weerhou van seks, sonder om hulle seksualiteit te ignoreer, het geleer om spesifieke perke te stel en daarby te hou. Hulle het opsetlike en doelbewuste besluite geneem hoe ver hulle bereid was om te gaan.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How to Save Sex for Marriage?

Wanneer iemand ons vra of ons in seks voor die huwelik glo, reageer ons met 'n “ja en nee”. Dit klink aanvanklik na 'n verwarrende antwoord, maar dit skep die geleentheid om 'n baie belangrike punt te maak. God bevestig ...

More

Baie dankie aan Les Parrott wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief:http//www.SYMBIS.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid