Leesplan inligting

In Alle DingeVoorbeeld

In All Things

DAG 5 VAN 5

Ons Vreugde Maak vir Jesus Saak



Die nag voor Hy gesterf het, het Jesus 'n laaste maaltyd en gesprek met sy dissipels gedeel. Waaroor was Jesus besorgd terwyl Hy voorberei het om sy geliefdes te verlaat? 



Ons lees in Johannes 14-16 hoe Jesus sy dissipels bemoedig het om nie ontsteld te wees nie. Hy het hulle geleer om gehoorsaam te bly, want sonder Jesus kon hulle niks doen nie. 



Toe verduidelik Jesus hoekom Hy hulle al hierdie dinge vertel het. Hy sê vir hulle: "Dit sê ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees" (Johannes 15:11). 



Jesus is oor ons blydskap besorgd. 



Ek kry trane in my oë terwyl ek hierdie woorde skryf. Liefde is so fantasties, so Goddelik! In sy ergste sieleangs, begeer Jesus vreugde vir my en jou. Dis verstommend, nè? "Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur ..." (Hebreërs 12:2). 



Jesus het ook nie gehoop dat ons darem net 'n klein bietjie geluk sou hê nie. Hy wil hê ons blydskap moet volkome wees — oorloop, oorvloedig wees. Ons vreugde maak vir Jesus saak. 



Jesus is die bron van ons vreugde, maar ook die onderhouer daarvan. Sonder Hom is ons lewens leë, betekenislose pogings tot bevrediging. Ons drentel in desperate dors totdat ons van Hom drink. Hy is die Begin en die Einde, die Alfa en Omega. Elke goeie gawe kom van Bo en niks bestaan sonder Hom nie. Ons begeerte na vreugde is uiteindelik 'n begeerte na Jesus. 



Ons sien opregte vreugde in Filippense. Vreugde begin met redding en word meer namate ons ware gemeenskap ervaar, Christus se heerskappy verstaan, deel word van Christus se nederigheid en die Woord van God gehoorsaam. Ons begeertes verander soos ons geloof groei. Ons verlang om Jesus te leer ken. Ons plaas ons hoop in hemelse vreugdes, eerder as aardse omstandighede. Ons bid met danksegging, eerder as om deur angs gekwel te word. Ons gee ruimhartig om die werk van die evangelie te bevorder. 



Net soos Paulus die geheim geleer het om tevrede te wees in oorvloed en in gebrek; soos ons in ons afhanklikheid van God groei, ontwikkel ons ook in vroue van vreugde. 



My laaste woorde aan jou weerspieël my diepste begeerte vir jou: moenie ophou om die Woord van God te bestudeer nie. Bly in God, bid tot Hom, soek Hom gedurig. 



Mag sy vreugde in jou wees, en mag jy daarmee gevul wees. 



Wat beteken dit om vreugde te kies, ongeag die omstandighede?


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In All Things

Die brief wat Paulus aan die gemeente in Filippi geskryf het, het oor geslagte heen gereis om vandag ons harte en denke te voed en uit te daag. Hierdie 5-dag leesplan gee jou 'n kykie in die boek Filippense, baie eeue na...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/561570/in-all-things-by-melissa-b-kruger/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid