Leesplan inligting

In Alle DingeVoorbeeld

In All Things

DAG 2 VAN 5

Reddende Genade



Kom ons beweeg terug tot by die begin van Paulus se bediening toe God die fondament vir Paulus se vreugde gelê het. God het nie slegs Paulus se hart verander nie, maar Hy het hom ook as apostel afgesonder. God het hom die roeping van gesag in die kerk gegee, en later ook die voorreg om tot die skryf van die Bybel by te dra. God het ingegryp en hierdie man se lewe so herskep dat hy op 'n vaste koers was om die goeie nuus van Jesus met diegene buite die Joodse geloof te deel. God het 'n bediening vir Paulus voorberei en ook vir Paulus vir die bediening. Paulus het dus van vervolger tot prediker tot vervolgde beweeg. 



Al is dit onwaarskynlik dat ons soos Paulus 'n verblindende lig op die Damaskuspad sal ervaar, het ons almal 'n geloofsverhaal wat op sigself 'n wonderwerk is. Jou verhaal kan so dramaties soos Paulus s'n wees, of jy het dalk 'n stadige ontwaking tot geloof ervaar. God roep ons elkeen op verskillende maniere na Hom toe. Ongeag hoe Hy in jou lewe gewerk het, is die goeie nuus dat die skubbe afgeval het wat jou oë vroeër verblind het! God het vir jou 'n bediening voorberei en jou vir 'n bediening aan ander voorberei. 



Paulus het 'n verskeidenheid mense gedurende sy verblyf in Filippi ontmoet. Byvoorbeeld, Lydia, 'n sakevrou van Tiatira, was so welgesteld dat sy Paulus en sy metgeselle na haar huis genooi het. Paulus het ook 'n slavin, medegevangenes, en 'n Romeinse wag ontmoet en het die evangelie met laasgenoemde se hele huishouding gedeel.



Manne en vroue, ryk en arm, godsdienstig en nie-godsdienstig, dié met politieke verbintenisse en vyande van die staat; die goeie nuus van die evangelie is vir almal. Niemand is te goed om nie die evangelie nodig te hê nie, en niemand is so verlore dat die evangelie jou nie kan vind nie. 



Raak 'n rukkie stil en dink na oor jou eie verhaal van redding. Dalk begin jy nou eers God se reddende genade verstaan! Miskien weet jy van iemand wat die goeie nuus van die evangelie moet hoor. Bid dat God die hart van die persoon sal voorberei.



In die boek Filippense, is 'n gesprek tussen Paulus en sy broers en susters in Filippi opgeteken. Tog is die hele Woord van God 'n brief tussen God en sy volk, waardeur Hy Homself regdeur die eeue so openbaar dat almal na Hom toe kan kom.



Wie gebruik God in jou lewe om jou nader aan Hom te bring?



  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

In All Things

Die brief wat Paulus aan die gemeente in Filippi geskryf het, het oor geslagte heen gereis om vandag ons harte en denke te voed en uit te daag. Hierdie 5-dag leesplan gee jou 'n kykie in die boek Filippense, baie eeue na...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/561570/in-all-things-by-melissa-b-kruger/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid