Leesplan inligting

Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld

Soul Rest: 7 Days To Renewal

DAG 6 VAN 7

GEE MILDELIK



Een van die wonderlikste gawes van vas, in enige vorm, is dat dit spesifieke dinge uitwys wat ons mag verhinder om gemeenskap met God te hê. Dit help ons ook om God se stem duidelik te hoor. Wanneer ons onsself dinge ontsê, help dit ons om 'n rustige oomblik te kry waar ons nie behep is met die verkryging of onderhouding van dié dinge nie. Wanneer vas gereeld beoefen word, besef ons dat ons met minder kan leef as wat ons het. 



Kry vandag 'n manier om anoniem vir iemand iets te gee. Die krag van so 'n daad lê in die bewustheid en insig wat dit bring. Dit help om nie dit waarna ons streef na vore te bring nie, maar wie ons werklik is. Terwyl jy iets gee, is dit die krag waarvan die teks in Matteus 6 praat: "laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie". Wanneer jy gee sonder om iets terug te verwag, is jy in staat om genade aan ander te betoon op 'n manier wat jou bewustheid van God se genade hernu, wat op sy beurt rus voortbring. Skryf neer wat jy as gevolg van hierdie daad voel en ondervind. 



Waarskuwing: Die moontlike versoeking hier is om te sê dat dit vir ons te moeilik gaan wees om 'n geleentheid te kry om hierdie daad te beoefen. Of, wanneer ons gee, mag ons dit op so 'n manier wil doen dat ons erkenning daarvoor gaan kry. Soek 'n manier om dit te doen, al is dit iets so gering soos om vir die persoon agter jou in die ry, se koffie te betaal. 



Ons grootste vervulling lê daarin om onsself vir ander te gee. 



HENRI NOUWEN 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Soul Rest: 7 Days To Renewal

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewe...

More

Baie dankie aan Curtis Zackery wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb.: http://soulrestbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid