Leesplan inligting

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

DAG 2 VAN 5

Jou identiteit in Christus  


Jy moet net vandag kies wie jy wil glo. Glo jy jou omstandighede, teleurstellings en ontnugterings, of glo jy wat jou Skepper van jou sê? As jy wag om beter te voel, totdat jy beter inpas, of dat roem en rykdom jou lewe moet bepaal, gaan jy miskien baie dekades lank wag. Maar as jy vandag kies om te glo wat God sê en die beginsels van die Vervaardiger se Handleiding opreg op jou daaglikse lewe toepas (dit is immers presies wat geloof van ons vra), sal jy ’n sug van verligting kan slaak wat jou hart se diepste begeerte weergee. 


Waar begin hierdie nuwe lewensreis dan? Dit begin deur te onthou wie jy in hierdie wêreld is. Dit is nog meer bemagtigend wanneer jy onthou aan Wie jy behoort. Ons Skepper gee ons ’n identiteit, vertroue en ’n doel – ’n rede om te leef.


Die oomblik wat ons vergeet dat ons na die beeld van God geskep is, verloor ons ons ware identiteit. Identiteit gaan oor uniekheid, individualiteit, eiesoortigheid en besondere karakter. Daar is net een jy, deur God se hand na sy beeld geskep (sien Genesis 1:27 en Efesiërs 4:24). 


Daar is net een Persoon, ten volle mens, maar tog ten volle God, en sy Naam is Jesus. Die Een wat gekom het om sy lewe vir ons te gee sodat ons nooit weer hoef te twyfel aan wie ons is nie. Die Een aan wie ons behoort; die Een wat ons ’n rede gee om nou te leef en op die ewigheid te hoop (sien Psalm 16:11; 90:2). Ons hoef dit net te glo en in die waarheid daarvan te leef.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat geda...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/waarvoor-wag-jy-dan-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid