Leesplan inligting

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

DAG 1 VAN 5

Jou uitnodiging wag op jou  


Jy wag miskien op die een of ander teken – ’n bekragtiging, ’n bevestiging, enige inligting om jou aan te vuur, te bemagtig of toestemming te gee. Daar was miskien vertragings as gevolg van twyfel, groot teleurstellings, of selfs tye van depressie. 


Dalk voel jy nog altyd heel bevoeg en bekwaam, maar dat jy nooit eintlik ingepas het nie. Jy maak altyd jou voorstelle met entoesiasme, maar hulle word nooit ernstig opgeneem nie. Jy het miskien selfs die sportspan probeer haal, aan proewe deelgeneem, maar dit nooit bereik nie. Die balletklasse wat jy met soveel passie bygewoon het, het nooit tot ’n rol in een van die produksies gelei nie. Dit was jou ideaal om ’n dokter te word, maar weens omstandighede was dit onmoontlik om universiteit toe te gaan.


Nou voel dit sinneloos. Doelloos. Maar tog is daar diep binne jou – in daardie plek waar jou lewensbron is – ’n voortdurende herinnering, ’n konstante aanwyser, ’n onophoudelike gekrap wat fluister: “Jy is hiervoor gebore.”


En dit is waar. Jy is vir meer geskep. Jy het ’n opdrag in jou DNS wat deur God ontwerp is. Moenie minder aanvaar nie, moenie moed opgee nie en moenie afgeskrik word nie. Elke masjien of stuk gereedskap wat vir ’n spesifieke doel vervaardig word, kom met die vervaardiger se handleiding. Jy is wonderbaarlik geskape, met ’n baie spesifieke doel. Die Een wat jou geskep het, het jou met ’n doel, plan, passie en produktiwiteit beplan en ontwerp (sien Eksodus 9:16 en Filippense 2:13). En hierdie eienskappe is in jou murg en been gesetel.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-dag-leesplan wat daaroor handel om jou drome na te streef, sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe doel te vind, om ’n lig in ons gebroke wêreld te wees en om elke dag nader aan God te beweeg. Elke dag bevat geda...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/waarvoor-wag-jy-dan-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid