Leesplan inligting

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsVoorbeeld

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAG 32 VAN 41

Lees: 2 Tessalonisense 2:9-12

SOAP: 2 Tessalonisense 2:10

Paulus verduidelik aan die gelowiges in Tessalonika dat die “wettelose een” of antichris tekens en wonders sal doen wat baie ongelowiges sal mislei. Moedswillige harte is onderworpe aan sonde se kragtige misleiding en God sal nie 'n sondaar se vrye keuse om 'n valse Christus te kies, stop nie. Diegene wat die ware Verlosser verwerp het, sal die valse messias ontvang en hom volg reguit na hulle ondergang. 

As jy 'n familielid of 'n vriend het wat nog nie sy of haar lewe aan Christus gegee het nie, is die gedagte dat hulle hel toe sal gaan, hartverskeurend. Maar, God is geduldig, en sy begeerte is dat niemand sonder Christus sal sterf nie. Ons het nog tyd om te getuig teenoor ons geliefdes en om te bid vir hulle harte om vir die waarheid te versag. As jy nog nooit vir Jesus gevra het om jou van jou sondes te vergewe nie, kan jy vandag bid en algehele vrede met God hê. Bely dat jy 'n sondaar is en vertel vir Jesus dat jy Hom as jou Verlosser wil volg. 

Here, open my geliefdes se oë vir die Waarheid. Help hulle om te sien hoe Jesus aan die kruis gesterf het om hulle van hulle sondes te red. Gee my hierdie week 'n geleentheid om op 'n duidelike manier die Goeie Nuus met hulle te deel. Mag u waarheid lewendig word in hulle harte. Jesus vergewe my van al my sondes. Ek gee my alles aan U as my Verlosser. Amen

 

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n be...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid