Leesplan inligting

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsVoorbeeld

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAG 37 VAN 41

Lees: 2 Tessalonisense 3:6-9

SOAP: 2 Tessalonisense 3:9

Soos ons wag vir die Here se wederkoms, moet ons besig bly met God se werk en om hard te werk vir ons families. Sommige gelowiges in Tessalonika het besluit om die Here se naderende wederkoms as 'n verskoning te gebruik vir ledigheid en traagheid. Paulus voer aan dat ons nie moet toelaat dat die verwagting van more se komende glorie, ambivalensie teenoor ons verantwoordelikhede van vandag moet veroorsaak nie.  Paulus het as 'n harde werker die voorbeeld vir die kerk gestel deur voort te gaan met sy ambag as 'n tentmaker, om sy bediening as 'n reisende sendeling en mondstuk vir die Evangelie te ondersteun. 

Is jou werketiek voorbeeldig? As volgelinge van Christus moet ons nie so gefokus wees op die hemel, dat ons nie goed vir die hede is nie. Werk hard terwyl jy vir Sy wederkoms wag.

Here, help my om hard te werk waar U my in hierdie seisoen van wag geplaas het. Mag my vlytige ywer 'n offerande van aanbidding aan U wees. Amen

Dag 36Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n be...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid