Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld

Die Belangrikheid Van Ondervinding
Watter vraag word dikwels die meeste deur werkgewers tydens werksaansoeke gevra?
Ondervinding.
Wat tel in 'n potensiële kandidaat se guns?
Ondervinding.
Ons vertrou gewoonlik dinge, situasies en mense wat bewys het dat hulle betroubaar is. 'n Vertroue wat ons toelaat om ons beste te wees … of ten minste te probeer. Dis hoe dit met mense werk. Dikwels kan dieselfde dinge ons die meeste seermaak.
Ek is mishandel. Fisiek, geestelik en emosioneel, vir agt jaar lank. Tot stilte gedwing vir 10 jaar. Sedertdien moes ek die oorblyfsels van my mishandeling hanteer. Wat het my egter hoop gegee?
Wat het my elke dag van God se liefde verseker?
Ondervinding.
Daar is niks wat ons in die gesig gestaar, ondervind of oorkom het, waarvoor God nie voorbereid was nie.
Becca se Lewensles
Laat hierdie leesplan 'n herinnering wees dat ons ons ondervindinge oorleef het omdat God geweet het dis belangrik vir ons lotsbestemming. Die pyniging wat ons verduur het, het dalk baie lank gevoel, maar ons sal altyd as oorwinnaars uit die stryd tree!
Aangaande hierdie leesplan

Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of geestelik mishandel is. Ek is vir 10 jaar gemolesteer. Ek het egter genesing ontvang! Ek wil jou help om ook genees te word.
More
Verwante Leesplanne

Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa Terkeurst

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Hoog tyd

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

Veilig in sy hand

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe
