Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 3 VAN 27

Lees: Jakobus 1:9-11

SOAP: Jakobus 1:9-11

Jakobus waarsku oor die vrugteloosheid van rykdom. Om ryk te wees sal mens nooit ten volle tevrede stel of 'n persoon se ideale vervul nie. Geld opsigself is nie die euwel nie. Dit is die vraatsugtige liefde vir geld en die staatmaak op ons inkomste of bankrekeninge vir stabiliteit, wat ons altyd ontevrede en onvervuld sal laat. Die regte manier om rykdom te geniet, is as 'n geskenk van God en as 'n manier om Hom te vereer.  Wanneer ons kies om tevrede te wees met die rykdom van Christus, in plaas van om ons vertroue in materiële rykdom te sit, of dit blindelings na te volg, sal ons lewens meer in lyn wees met God se begeerte vir ons. 

Watter materiële nastrewing veroorsaak dat jy jou aandag wegdraai van die ewige dinge van die hemel na die materiële dinge van hierdie wêreld? Gelowiges moet hulle aandag daarop fokus om heiligheid in gedrag, gesindheid en gedagtes na te streef, nie om rykdom te bekom nie. Watter stappe kan jy neem om meer goedgunstig, meer tevrede en meer dankbaar te wees vir die ontasbare en materiële dinge waarme God jou geseën het? 

Vader God, bevry my hart van die begeerte na meer. Bevry my gedagtes van begeerte en jaloesie van ander. Bevry my siel van ontevredenheid. Help my om 'n goedgunstige en tevrede dienskneg van alles waarmee U mee geseën het, te wees. Here, help my om U te eer en te verheerlik, ongeag van of ek het wat ek begeer, of nie. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid