Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 2 VAN 27

Lees: Jakobus 1:5-8

SOAP: Jakobus 1:5-8

Jakobus openbaar dat God die bron is van alle ware wysheid. Sy wysheid is nie weggesteek vir ons nie. Dit is geredelik en vrylik beskikbaar aan almal wat dit begeer, wanneer dit in geloof gevra en ontvang word.  God se wysheid word in Sy Woord, die Bybel gevind. Die Bybel openbaar wie God is, God se plan van verlossing deur Jesus, en hoe onvolmaakte mense kan groei om godsvrugtige lewens te lei soos hulle meer soos Jesus word. Jakobus waarsku dat twyfel lei tot onstabiliteit en besluiteloosheid.

In watter omstandighede benodig jy God se wysheid? 'n Gelowige se stabiliteit tydens onseker tye kom uit onwankelbare vertroue en geloof in God se soewereiniteit, inherente goedheid en die perfekte wysheid wat in Sy Woord gevind word. In watter omstandighede worstel jy om God se goedheid te glo en te vertrou in Sy krag en soewereiniteit? 

Vader God, ek dank U vir U perfekte, onveranderende en onuitblusbare wysheid. Here, help my om standvastig, onwankelbaar en gefokus op U te bly. Help my om U wysheid uit U Woord te soek, veral wanneer ek onsekerheid in die gesig staar. Hereinner my om my vertroue in U en U Woord te anker. In Jesus se naam. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid