Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

Die Skrif is die Geskrewe Woord.
Jesus Christus is die lewende Woord van God. Wat 'n fantastiese misterie. Ons kan slegs probeer om die verband te begryp tussen die gedrukte woorde in die Bybelboeke en die Woord wat lewendig is en asemhaal, soos Johannes dit in sy eerste paragraaf beskryf. Jesus het nie by sy geboorte of selfs by die wonderwerk van sy bevrugting ontstaan nie. Jesus het reeds as God en met God bestaan voordat Hy tyd en ruimte geskep het. Deur die kragtige begrip van die gesproke woord het God alles tot 'n tasbare fisieke bestaan in die heelal gebring, insluitend ons vermoë om deur die Bybel met Hom 'n verbintenis te kan maak.
Daarna, met dieselfde onbeperkte krag, het God self as baba die fisieke sfeer binnegekom en waarlik vlees geword toe Hy 100% Goddelik gebly en 100% mens geword het. Waar die geskrewe Woord in enige taal te kort skiet, is Jesus Christus die volmaakte, driedimensionele voorbeeld van die volheid van God. Vir diegene wat nie baie vertroud met die Bybel is nie, is die beste plek om van Jesus se lewe te begin lees en leer, die weergawes daarvan in die boeke Matteus, Markus, Lukas en Johannes.
Namate jy 'n gewoonte kweek om die Bybel te lees, moet jy die voorbeeld en woorde van Christus bestudeer. As ons sy volgelinge wil wees, moet ons meer van Hom weet. Bring tyd deur om na te dink oor die wonderwerk van Jesus Christus, die lewende Woord van God.
Praat met God: Dierbare Jesus, dit is bo my beperkte logika en begrip om te verstaan watter wonderwerk U is. Baie dankie dat U gekies het om u ewige plek in die hemel te verlaat om die wêreld te betree wat U geskep het. Help my om die heerlikheid van God te sien terwyl ek bestudeer wie U is. Help my om dieselfde lig vir diegene in my lewe te bring deur net soos U te leef en lief te hê. Ek bid dit in u Naam, amen.

Aangaande hierdie leesplan

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.
More
Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.