Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld

The Impact Of Scripture

DAG 15 VAN 15

Die Skrif inspireer aksie.

Vandag se teksgedeelte is 'n skerp vermaning dat ons die Woord van God in ons daaglikse lewens prakties moet toepas. Dit is hoe jy die impak en uitwerking van die Skrif in jou lewe sal ervaar. Dit is ook hoe ander die impak daarvan op jou sal sien. Dink aan 'n sportspan wat hard oefen, maar nooit in 'n wedstryd speel nie. Of 'n brand- en reddingspan wat deeglike opleiding kry om 'n brand te bestry, maar nooit uitgeroep word om 'n brand te blus nie. Of 'n danser wat baie oefen, maar nooit die verhoog haal nie.

As ons die Woord lees, maar dit nie toelaat om ons tot aksie aan te spoor nie, leef ons nie die lewe waartoe ons geroep is nie. Om 'n dissipel van Jesus te wees, beteken daar is baie om te leer — die woord "dissipel" beteken immers "student". Dissipelskap gaan egter nie daaroor om in 'n klas te sit en net inligting te ontvang nie. Dit onderskat die krag van die Heilige Gees in dissipelskap. Hy bring nie net mense na Jesus toe en los ons dan om ons eie pad te vind nie. Sy werk is veel groter. Om meer soos Jesus te word, gebeur nie net wanneer iemand jou onderrig oor die Bybel nie. Dit gebeur ook wanneer jy jou gawes gebruik om iemand te bedien wat behoeftig is.

Geestelike herskepping vind net soveel plaas deur te dóén en deel te wees van die liggaam van Jesus Christus as wat dit plaasvind deur te leer. Hopelik het hierdie leesplan jou gehelp om te verken watter impak die Bybel in jou lewe en die lewens van diegene om jou kan hê. Vat dus wat jy leer en leef dit uit, kyk dan wat God in jou lewe doen. Gaan doen dit nou!

Praat met God: Here Jesus, ek wil hê my lewe moet u liefde en genade aan die wêreld weerspieël. Help my om dit wat ek in u Woord leer, prakties toe te pas in my lewe. Ek wil doen, nie net hoor nie. Ek wil my daartoe verbind om die Bybel deel te maak van my daaglikse geestelike groei en ek wil ook die uitwerking daarvan in die lewens van mense om my sien. In die Naam van Jesus. Amen.
Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

The Impact Of Scripture

Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.

More

Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.