Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 4 VAN 21

Hoe verskil ware geloof van die sielkunde van positiewe denke?



Jesus se teleurstelling met die dissipels se onvermoë om die bose gees uit 'n epileptiese seun te verdryf kom duidelik na vore in sy woorde: "'Ongelowige en ontaarde geslag,' het Jesus gesê, 'hoe lank moet Ek nog saam met julle wees?'" (Matteus 17:17).



Toe hulle alleen was, het die dissipels vir Jesus gevra: "Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?" (vers 19). Toe Christus die dissipels vroeër uitgestuur het (Matteus 10:6-8), het Hy hulle uitdruklik opdrag gegee om hierdie wonderwerke te doen. Minder as 'n jaar later kon hulle nie regkry wat hulle voorheen kon doen nie. Christus se verduideliking vir hul onvermoë was omdat hulle geloof te klein was (17:20). Hulle klein geloof was nie as gevolg van 'n gebrek aan selfvertroue nie; want hulle was verbaas dat hulle nie die bose gees kon uitdryf nie. Die probleem was waarskynlik omdat hulle nie vir God nie, maar — eerder hul eie gawes — die voorwerp van hul selfvertroue gemaak het.



Volgens Christus se definisie sal ware geloof, selfs "geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie" (vers 20), altyd oorgawe van jou wil aan God se wil behels. Wat Christus dus hier aan die dissipels geleer het, het niks met die sielkunde van positiewe denke te doen gehad nie. Hy het gesê dat beide die bron en die voorwerp van ware geloof — selfs so klein soos 'n mosterdsaadjie — is God, want "niks is vir God onmoontlik nie" (Lukas 1:37). Hier verwys Christus na die deurslaggewende gedagte wat uitdruklik in 1 Johannes 5:14 bygevoeg word: wat ons vra, moet "volgens sy wil" wees.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid