Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 3 VAN 21

Hoe nader ons tot God?



"Laat ons tot God nader met 'n opregte hart ..." (Hebreërs 10:22a). Volgens wat hier geskryf is, was dit die kern van die uitnodiging aan hulle in die samekoms wat nog nie na Christus toe gekom het nie. Dieselfde uitnodiging kom voor in die eerste Nuwe Testamentiese boek wat deur Jakobus geskryf is (Jakobus 4:8), waar Jakobus openbaar wat gebeur deur tot God te nader. God sal tot jou nader. Asaf sê in Psalm 73:28: "dit is vir my goed om naby God te wees." Israel se volle herstel tot die seën van God, is afhanklik daarvan dat hulle tot God sal nader (Jeremia 30:18-22). Met ander woorde, dit is in die leerstelling van die "Laaste Dinge" wat hierdie uitnodiging in "hierdie laaste dae" na hulle toe kom (Hebreërs 1:2). Hierdie vers beskryf die voorvereiste om in God se teenwoordigheid te kom (Psalm 15): onberispelik, in opregtheid, verlossing en heiligmaking. Die Griekse term vir "waar" dra ook die idee van opregtheid, egtheid en sonder bybedoeling te wees (Jeremia 24:7, Matteus 15:8). Die een ding wat hierdie Hebreërs kortgekom het, was opregte toewyding aan Christus.



"Met volle versekering van geloof." Algehele vertroue in die beloftes van God word deur hierdie frase bedoel. Sulke vertroue sal lei tot die opregte versekering of sekuriteit wat hulle deur die komende beproewinge sal laat volhard. Dit is die eerste van 'n bekende drietal: geloof, hoop (vers 23) en liefde (vers 24). "Ons harte is immers gereinig ... met skoon water" (vers 22). Hierdie "reiniging met skoon water" verwys nie na die Christelike doop nie, maar na die Heilige Gees wat ons lewens reinig met die Woord van God (Efesiërs 5:25-26, Titus 3:5). Dit is 'n blik op 'n nuwe verbond (Jeremia 31:33, Esegiël 36:25-26).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid