Leesplan inligting

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 9 VAN 21

Wat was die doel van Johannes se doop?



Die evangelies stel Johannes die Doper se bediening bekend met die aanhaling uit Jesaja 40:3 (sien ook Matteus 3:3, Lukas 3:4, Johannes 1:23). Johannes is genoem "My boodskapper" (Markus 1:2), die Goddelike en beloofde boodskapper wat uitgestuur is: "Maak die pad vir die Here gereed." In antieke tye het 'n koning se gesante vooruit gereis om seker te maak dat die paaie veilig en gereed vir die koning is en ook om sy aankoms aan te kondig.



As die laaste Ou Testamentiese profeet en die Goddelik geordende voorganger van die Messias, was Johannes die hoogtepunt van die Ou Testament se geskiedenis en profesie (Lukas 16:16) "Tot op Johannes was dit net die wet en die profete ..." en ook die begin van die historiese rekord van die evangelie van Jesus Christus. Dit was dus nie verbasend dat Jesus vir Johannes as die grootste man verklaar het wat tot op daardie tyd gelewe het nie: "Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie" (Matteus 11:11). Die doop van Johannes wat die vernaamste kenmerk van sy bediening was (Markus 1:4), het van die rituele wassing deur die Jode verskil aangesien die doop 'n eenmalige daad was. Die Jode het wel 'n soortgelyke eenmalige wassing van nuwe nie-Joodse gelowiges uitgevoer wat as 'n simbool gedien het van hul aanvaarding van die ware geloof. Dat die Jode aan so 'n ritueel sou deelneem was eintlik 'n verstommende erkenning dat hulle, net soos die heidene, deur bekering en geloof na God moes kom.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid