Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Wanneer ons Hom leer ken deur die dissipline van sy Goddelike leiding, en ons rus ontvang omdat Hy saam met ons gaan, dan word tyd en ewigheid een en verdwyn in die niet, in daardie wonderlike lewensbelangrike verhouding. Hierdie eenwording is nie dié van mistieke bepeinsing nie, maar een van toegewyde, volmaakte groei; nie die rus van kalm vrede en stilstand nie, maar die rus van volmaakte beweging.
Die menslike siel is so misterieus dat tydens 'n oomblik van groot tragedie, die mens van aangesig tot aangesig kom met dinge waarop hulle nog nooit voorheen ag geslaan het nie. Hoeveel van ons gee gedurende tye van vrede 'n duit om wat die toestand van mense se harte teenoor God is? Tog is dit die dinge wat God se hart seermaak, nie die oorloë en die verwoesting wat ons so ontstel nie.
OORDENKINGSVRAE:
1. Hoe verskil die rus van "volmaakte beweging" van die rus van "vrede en stilstand"?
2. In watter opsigte is sosiale en politieke vrede die vyand van vrede met God?
Aanhalings uit: "Christian Discipline", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting
Verwante Leesplanne

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Span Jou Tyd In Vir God

Om Die Stem Van God Te Hoor

Glo God Is Goed — Ongeag

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

'n Hart soos Jesus s'n

HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?

Van vrees na vertroue