Leesplan inligting

Hoekom Het Ek My Werk Verloor as God My Lief Het?Voorbeeld

Why Did I Lose My Job If God Loves Me?

DAG 6 VAN 7

Lesse van my GPS



'n Opskrif in die 23 April 2012-uitgawe van Die Beeld het onlangs my aandag getrek: 53% van onlangse universiteit-gegradueerdes is werkloos — Hoe nou? Dink aan hoe kommerwekkend daardie statistiek werklik is. Meer as die helfte van alle universiteitstudente gradueer net om te vind dat daar nie 'n werk in hul gekose veld op hulle wag nie. Na vier jaar se studie moet baie hul planne om hul drome na te streef tersyde stel, en hamburgers gaan maak, koffie verkoop of vloere vee.




Daar is niks fout met enige van daardie take nie. Om die waarheid te sê, ek glo baie kan geleer word deur handearbeid te verrig. Of jy dit nou lees as een van daardie “werklose” onlangse universiteit-gegradueerdes en of as 'n gesoute professionele persoon wat gedwing is om pizza of supermark produkte af te lewer. Ek is hier om jou te vertel dat die pad waarop jy nou is deel is van God se plan vir jou lewe. Kom ek illustreer met 'n persoonlike voorbeeld.




Toe ek my werk as 'n hooggeagte bestuurder verloor het, moes ek myself verneder en alles vat wat ek kon doen om net 'n inkomste te verkry. Dit het vryskutwerk as 'n slotmaker vir 'n baie genadige broer van die kerk ingesluit. My taak het daaruit bestaan om mense by te staan wat hulself uit hul motor gesluit het. Een besonder besige dag was ek baie besig met 14 oproepe in 'n tydperk van 12 uur. Daardie oproepe het my van die een kant van die stad na die ander laat ry om gestrande bestuurders te red.




Ek onthou hoe ek gedink het aan die baie kere wat ek by dieselfde landmerke verbygegaan het. Ek het gewonder hoekom daardie persoon of hierdie persoon hulself nie net 40 minute vroeër kon uitgesluit het toe ek in hul area was nie! Ek het my roetes in my gedagtes begin uitwerk en besef watter doolhof van draaie en kurwes en oorvleuelings gedurende my reise plaasgevind het. Dit was 'n Google Maps-nagmerrie!




Toe ek die woorde in Spreuke 3:6 lees oor hoe die Here “jou paaie gelyk sal maak,” is ek herinner aan die lukrake roete wat ek moes volg terwyl ek op daardie mal, besige dag as slotmaker gewerk het. Wat op sy beurt my aangespoor het om mooi te dink oor my loopbaan. Ek het besin oor hoe gereeld ek in 'n posisie gewerk het waarin ek geen idee gehad het hoe daardie rol in my toekoms sou inpas nie. Terwyl ek my ervarings in die lig van hierdie vers hersien het, het ek besef dat my verskeidenheid werksgeleenthede nie 'n doolhof van onbekende bestemmings was nie. Trouens, elke stukkie ervaring wat ek opgedoen het, in baie verskillende velde, gebruik ek vandag. Ek moet glo dat elke werk wat jy gehad het gehelp het om jou ook te vorm.




Ek en jy is op 'n Google Maps-reis "in beweging". As jy mooi kyk, kan jy sien hoe die Here jou lewe uitgestippel het en hoe oënskynlik onverwante werkservaring werklik saam pas om die Here se plan vir jou te formuleer. Die ervarings van jou lewe en loopbaan maak eintlik sin. Jy sien dalk net nie die groot prentjie op die oomblik raak nie. Ongelukkig is dit omdat ek en jy nie die aanwysings het nie en net bekend is met hierdie oomblik in tyd.




Alhoewel ons nog wil vra wanneer hierdie deel van die reis verby gaan wees, en ons steeds verlang om te weet waar ons met ons loopbaan gaan eindig, kan ons verseker wees dat God 'n perfekte plan vir ons het. Hy sal jou paaie gelyk maak as jy eerder op Hom vertrou as op jouself. Hoekom nie nou 'n bietjie tyd neem en terugkyk oor jou padkaart nie? Is dit nie verstommend hoe die Here in alles tot jou beswil gewerk het nie? As jy nog nie die reguit pad sien nie, moenie bekommerd wees nie. Met sy leiding sal jy sien hoe die pad wat agter jou is deel is van die pad vorentoe.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Why Did I Lose My Job If God Loves Me?

As jy een van die miljoene Suid-Afrikaners is wat in die middel van 'n loopbaanoorgang is, is die kans goed dat jy ontmoedig is oor hoe moeilik dit is om werk te kry. Prakties en inspirerend sal elke dag se oordenking va...

More

We would like to thank Rick J. Pritikin and Zondervan for providing this plan. For more information, please visit: http://bibl.es/YV9780310429449

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid