Leesplan inligting

Hoekom Het Ek My Werk Verloor as God My Lief Het?Voorbeeld

Why Did I Lose My Job If God Loves Me?

DAG 2 VAN 7

Staan Op!



Is jy vandag moedeloos omdat jy, ten spyte van jou beste pogings, nie 'n werksonderhoud kan kry nie? Stoei jy met gevoelens van wanhoop omdat voltydse werk jou steeds ontwyk? Het jou lewensmaat of 'n ander familielid jou gewond met hul woorde omdat jy nie in staat is om te voorsien soos jy vroeër gedoen het nie? Kom jy in die versoeking om te ontken dat God steeds vir jou omgee, want op een of ander manier het jy droog gemaak?



Laat ek dit op die volgende twee maniere uiteensit: met 'n persoonlike illustrasie en met Petrus se verhaal. Toe ek 12 jaar oud was, het ek die Gautengse A-skolespan gehaal vir krieket. Ek sal nooit een groot wedstryd teen 'n nabygeleë provinsie vergeet nie. Ek het opgekom om heel laaste in die laaste beurt te kolf; die telling was gelykop, en daar was ses balle oor. Ek was vreesbevange toe ek die kolfblad nader.



Die afrigter het vir my gesê om die eerste vier aflewerings te neem. Vier aflewerings? Ek kon uitgeboul word sonder om eers die kolf te swaai.



Die eerste twee aflewerings was wyd. Die volgende twee het ek die bal gemis. My afrigter het my geroep en gesê: "Vat nog een aflewering, en dan is jy op jou eie." Die volgende aflewering het die paaltjies gemis, so nou was daar nog net een bal oor. Die druk was ongelooflik, want ek het besef dit was 'n bepalende oomblik vir my en vir my span. Ek het geweet ek kan 'n dryfhou slaan as ek net my oog op die bal hou. Ek het vir die aflewering gewag. Die bal moes minstens een meter van my land. Ek het geswaai ... en gemis. Ek sou die bal na die volgende voorstad gestuur het as my kolf net 'n paar meter langer was!



Toe ek die wagkamer nader, het my spanmaats vir my gesê: "Mooi so, Rick. Jy het nou net die wedstryd vir die hele span verloor!" Sjoe, dit het seergemaak.



Ons het die wedstryd met 1 paaltjie verloor. Alhoewel ek in vriendskaplike spel daarna goed gekolf het, het dit gelyk of ek nooit kon opmaak vir my mislukking in my spanmaats se oë nie.



Die seer en wanhoop om werkloos te wees terwyl hy in die "groot ligas" van die lewe was, veral met 'n gesin om voor te sorg, was baie meer verwoestend, aangesien die gevolge groter is as om 'n krieketwedstryd te verloor. Ons praat van 'n verlies aan loopbaan, 'n verlies aan inkomste, 'n verlies aan selfrespek en 'n verlies aan identiteit. Wat meer is, as ons toelaat dat ons emosies verberg bly, het mislukking in ons loopbaan 'n manier om tot depressie te lei — veral as die werk soek langer voortduur as wat jy gedink het.



As iemand in die Bybel 'n rede gehad het om deur wanhoop verpletter te word, sou dit Petrus, 'n dissipel van Jesus gewees het. Net voor Jesus se arrestasie het Petrus arrogant verkondig dat hy Jesus nooit sou verlaat of verraai nie — al het Jesus pas gesê dat al sy dissipels hom sou verlaat. Jesus het op sy beurt vir Petrus verseker dat hy hom inderdaad sou verloën voordat die haan drie keer gekraai het. En Petrus het.



Luister na die intensiteit van Petrus se ontkenning in Matteus 26:74: “Toe begin hy vloek, en hy sweer: 'Ek ken die man nie!'" Hy het gevloek? Dit was geen terloopse ontkenning of "onskuldige" wit leuen nie. Nadat die haan gekraai het, word ons vertel: “En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: 'Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.'” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil” (Matteus 26:75).



Maar dit is nie die einde van Petrus se verhaal nie. Petrus het 'n keuse gehad om te maak. Hy kon in uiterste wanhoop verval en niks bereik nie, of hy kon sy krag in Jesus vind om voort te gaan. Dit is presies wat hy gekies het om te doen. Dit illustreer dat selfs Jesus se dissipels drooggemaak het, maar hulle het opgestaan en voortgegaan op hul toegewysde pad.



Is ons oorgangsreis so baie anders? Ek dink nie so nie. Ons beveg wanhoop. Ons worstel met die aftakelende gedagtes en gevoelens dat niemand ons talente wil hê nie. Ons speel selfs met die idee om op te gee op God se vermoë om vir ons te voorsien.



Laat ek jou aanmoedig om op te staan! Jou reis is nie verby nie. Trouens, dit het dalk net begin. Met die Here se hulp moet ons opstaan uit ons selfbejammering, ons see van spyt en ons vrees vir mislukking, en aangaan na die volgende geleentheid. Moenie toelaat dat iets tussen jou en die opdragte wat die Here vir jou het, kom nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Why Did I Lose My Job If God Loves Me?

As jy een van die miljoene Suid-Afrikaners is wat in die middel van 'n loopbaanoorgang is, is die kans goed dat jy ontmoedig is oor hoe moeilik dit is om werk te kry. Prakties en inspirerend sal elke dag se oordenking va...

More

We would like to thank Rick J. Pritikin and Zondervan for providing this plan. For more information, please visit: http://bibl.es/YV9780310429449

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid