TITUS 2:3-4
TITUS 2:3-4 Die Boodskap (DB)
Praat ook met die vroue in die kerk wat al ouer is. Sê vir hulle dat hulle lewe moet wys dat hulle die Here ken. Hulle mag niks leliks van ander mense sê nie. Hulle mag ook nie te veel drink nie. Hulle moet ander gelowiges leer wat God van hulle verwag, veral vir die jonger vroue. Hulle moet vir hierdie vroue sê dat hulle baie lief vir hulle mans en kinders moet wees.
TITUS 2:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê
TITUS 2:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet ook vir die ouer vroue sê hulle moet lewe soos mense wat aan die Here behoort. Hulle moenie skinder oor ander mense nie en hulle moenie te veel wyn drink nie, hulle moet goeie dinge vir die mense leer. Dan kan hulle vir die jonger vroue leer om lief te wees vir hulle mans en hulle kinders.
TITUS 2:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê
TITUS 2:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees
TITUS 2:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net so moet ouer vroue se optrede wees soos dit •heiliges betaam. Hulle moet nie kwaadpraters wees, of verslaaf aan wyn nie, maar moet onderrig gee in wat goed is, sodat hulle die jong vroue kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees
TITUS 2:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So ook die bejaarde vroue, dat hulle gedra soos dit heilig is, nie valse beskuldigers nie, nie aan baie wyn gegee nie, leraars van goeie dinge; sodat hulle die jong vroue kan leer om nugter te wees, om hulle mans lief te hê, om hulle kinders lief te hê