Titus 2

2
Optrede van gelowiges teenoor mekaar
1 Maar jy, verkondig jy wat pas by die gesonde leer. 2Ouer mans moet nugter wees, waardig, verstandig – gesond in geloof, liefde en standvastigheid.
3 Net so moet ouer vroue se optrede wees soos dit •heiliges betaam. Hulle moet nie kwaadpraters wees, of verslaaf aan wyn nie, maar moet onderrig gee in wat goed is, 4sodat hulle die jong vroue kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, 5verstandig, kuis, toegewy aan hulle huishoudings, goedaardig, onderdanig aan hulle mans, sodat die woord van God nie belaster word nie.
6Vermaan ook so die jonger mans om in alle opsigte verstandig op te tree. 7Stel jy self in alles 'n voorbeeld deur goeie dade, onvervalste leer en waardigheid, 8gesonde en onaanvegbare prediking, sodat 'n teenstander beskaamd mag staan, en niks slegs het om oor ons te sê nie.
9Slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees: hulle tevrede stel, nie teenpraat nie, en 10nie steel nie, maar toon dat alle betroubaarheid goed is, sodat hulle in alles die leer van God, ons Verlosser, aantreklik maak.
11Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense, 12en voed ons op, sodat ons in hierdie bedeling verstandig en regverdig en godvresend kan leef, deur goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp, 13 terwyl ons uitsien na die salige hoop en glansryke verskyning van ons groot God en Verlosser, Jesus •Christus –
14Hy wat Homself
ter wille van ons gegee het,
om ons los te koop
van alle wetteloosheid,
en vir Hom 'n eie volk
as eiendom te reinig,
wat ywerig is om goed te doen.
15Praat oor hierdie sake met volle gesag, bemoedig en wys tereg. Moenie dat iemand op jou neersien nie.

Tans Gekies:

Titus 2: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid