TITUS 2:15
TITUS 2:15 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet hierdie dinge vir die mense vertel. Jy moet vir hulle sê wat hulle moet doen en jy moet ook vir hulle sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit vir hulle sê omdat God gesê het jy moet dit doen. Niemand moet dink dat jy onbelangrik is nie.
TITUS 2:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.
TITUS 2:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die dinge waaroor jy moet praat. Gebruik jou volle gesag om aan te moedig en tereg te wys. Gee aan niemand aanleiding om op jou neer te sien nie.
TITUS 2:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Praat oor hierdie sake met volle gesag, bemoedig en wys tereg. Moenie dat iemand op jou neersien nie.
TITUS 2:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf met alle gesag. Laat niemand jou verag nie.
TITUS 2:15 Die Boodskap (DB)
Titus, al hierdie dinge wat ek vir jou in dié brief skryf, moet jy aan die ander gelowiges meedeel. Doen dit met die gesag wat die Here aan jou as geestelike leier gegee het. Praat mooi met hulle. Wanneer dit nodig is, moet jy ook streng wees. Vat die sondaars vas. Moenie toelaat dat mense met jou spot of op jou neersien nie.