ROMEINE 15:19-20
ROMEINE 15:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Die Heilige Gees het vir my krag gegee om tekens en wonderwerke te doen. Ja, ek het klaar die goeie boodskap oor Christus oral vir die mense gebring, van Jerusalem tot by die provinsie Illirikum. Ek wil graag die goeie boodskap bring waar mense nog nie van Christus gehoor het nie. Ek wil nie gaan preek waar ander mense klaar gepreek het nie.
ROMEINE 15:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Illírikum; maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie — om nie op die fondament van 'n ander te bou nie
ROMEINE 15:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God. En so kon ek van Jerusalem af al verder tot in Illirikum my taak om die evangelie van Christus te verkondig, ten volle uitvoer. Ek het my eer daarin gestel om die evangelie te verkondig waar die mense nog nie van Christus gehoor het nie, want ek wil nie op die fondament van iemand anders bou nie
ROMEINE 15:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
deur kragtige tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God. Gevolglik het ek die verkondiging van die evangelie van Christus heeltemal voltooi, van Jerusalem af en rondom, tot sover as Illirikum. So het ek my dit ten doel gestel om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds bekend was en ek dus op iemand anders se fondament sou bou nie
ROMEINE 15:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur kragtige tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God; sodat ek van Jerusalem af en rondom tot by Illirikum die evangelie van Christus ten volle verkondig het. Ja, so het ek daarna gestreef om die evangelie te verkondig, nie waar Christus genoem is nie, sodat ek nie sou bou op 'n ander man se fondament nie.
ROMEINE 15:19-20 Die Boodskap (DB)
Groot tekens en wonders het plaasgevind waar ek gepreek het. Dit is omdat die groot krag van die Gees by my is. Daarom kon ek die goeie nuus oor Christus van Jerusalem af tot in die noordweste van Griekeland, daar in Illirikum, uitdra. Ek het vir my een doel voor oë gestel: ek moes in plekke gaan preek waar mense nog glad nie van Christus gehoor het nie. Dit is nie my taak om die evangelie te gaan verkondig waar mense al klaar die evangelie bekendgemaak het nie.
ROMEINE 15:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
deur kragtige tekens en wonders – bewerk deur die krag van die Gees van God. Op hierdie manier het ek die Goeie Nuus aangaande Christus uitgedra vanaf Jerusalem en tot by Illirikum. Dit was egter vir my ’n saak van eer om die Goeie Nuus net te bring waar Christus se Naam nog nie vermeld is nie – eerder as om voort te bou op die fondament wat iemand anders reeds gelê het.