DIE OPENBARING 2:6-7 - Compare All Versions

DIE OPENBARING 2:6-7 ABA (Bybel vir almal)

Maar jy doen een ding wat reg is. Jy haat die dinge wat die Nikolaïete doen. Ek haat dit ook. As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees! As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou die vrugte gee van die boom wat lewe gee, die boom wat in God se tuin is.”

DIE OPENBARING 2:6-7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat. Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.

DIE OPENBARING 2:6-7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar dít het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.

DIE OPENBARING 2:6-7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar dít tel in jou guns: Jy haat die dade van die Nikolaïete, wat Ek ook haat. “ ‘Laat dié wat ore het, luister na wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan wie oorwin, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe wat in God se paradys staan.’ ”

DIE OPENBARING 2:6-7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat ek ook haat. Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê; Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat in die middel van die paradys van God is.

DIE OPENBARING 2:6-7 DB (Die Boodskap)

Ek sê nie julle het niks wat in julle guns tel nie. Julle haat mos die dinge wat die Nikolaïete doen. Ek hou ook niks van hierdie klomp vals mense nie. Spits julle ore! Luister na die boodskap van die Heilige Gees. Dit is vir julle, die gelowiges, bedoel. Wie nie langs die pad uitval nie, maar enduit volhou, sal Ek beloon. Hy sal mag eet van die “boom van die lewe” wat in God se tuin, die paradys, staan. As iemand eers van hierdie boom se vrugte geëet het, sal hy nooit doodgaan nie.

DIE OPENBARING 2:6-7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar daar is tog iets wat jy bly handhaaf het: Jy haat wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook haat. Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê. Elkeen wat aanhou oorwin, sal Ek laat eet van die boom van die lewe wat in die paradys van God staan.