PSALMS 78:70-72
PSALMS 78:70-72 Bybel vir almal (ABA)
Hy het sy dienaar Dawid gekies en hom weggeneem van die skaapkrale, Hy het hom van die lammer-ooie weggeneem om die herder te wees van sy volk, die nageslag van Jakob, Israel. Dawid het goed regeer oor hulle, hy was 'n wyse koning.
PSALMS 78:70-72 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem. Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel. En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
PSALMS 78:70-72 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het Dawid as sy dienaar gekies en hom van die skaapkrale af weggeneem. Agter die lammerooie het Hy hom weggehaal om sy volk Jakob, sy eiendom Israel, te versorg. Dawid het die volk met toewyding versorg en hulle met oorleg gelei.
PSALMS 78:70-72 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het Dawid, sy dienskneg, gekies, en hom van die skaapkrale af weggeneem. Agter die lammerooie het Hy hom laat haal om Jakob, sy volk, op te pas, Israel, sy eiendom. Dawid het hulle met 'n opregte hart opgepas; met die vaardigheid van sy hande het hy hulle gelei.
PSALMS 78:70-72 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het ook sy dienaar Dawid gekies en hom uit die skaapkrale geneem. Van agter die groot ooie het hy hom gebring om Jakob sy volk en Israel sy erfdeel te laat wei. En hy het hulle gevoed volgens die opregtheid van sy hart; en hulle gelei deur die vaardigheid van sy hande.
PSALMS 78:70-72 Die Boodskap (DB)
Hy het Dawid as sy dienaar gekies en hom tussen die skape gaan uithaal. Die Here het hom gaan haal daar tussen die jong skape om sy volk Jakob op te pas en sy hand oor Israel te hou. Dawid was ’n goeie herder. Hy het hulle goed gelei en met liefde versorg.
PSALMS 78:70-72 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het sy dienskneg Dawid gekies, hom van die skaapkrale af gaan haal. Van agter die lammerooie het Hy hom weggevat om sy volk Jakob te versorg, sy eie volk, Israel. Hy het hulle met ’n opregte hart versorg en hulle met bekwame hande gelei.