PSALMS 78:55
PSALMS 78:55 Bybel vir almal (ABA)
Hy het ander volke uit hulle lande weggejaag sodat sy eie volk daar kon woon. Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegee en Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.
PSALMS 78:55 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in húlle tente laat woon.
PSALMS 78:55 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het nasies voor sy volk uit verdryf en aan sy volk 'n land as besitting gegee. Hy het daardie nasies se woonplekke aan die stamme van Israel gegee.
PSALMS 78:55 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het nasies voor hulle uit verdryf. Hy het wat aan hulle behoort, met 'n maatlyn opgemeet as erfdeel, en die stamme van Israel in húlle tente laat woon.
PSALMS 78:55 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het ook die nasies voor hulle uitgedryf en vir hulle 'n erfdeel per lyn verdeel en die stamme van Israel in hulle tente laat woon.