PSALMS 51:1-19

PSALMS 51:1-19 Bybel vir almal (ABA)

Vir die leier van die koor. 'n Psalm van Dawid toe hy seks gehad het met Batseba en die profeet Natan na hom toe gekom het. O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet alles wegneem wat ek verkeerd gedoen het. U moet my reinig en my sonde wegwas soos 'n mens iemand skoon was. Ja, ek weet self dat ek opstandig was, ek vergeet nooit my sonde nie. Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie. Ek weet, ek het verkeerd gedoen vandat ek gebore is, ek was 'n sondaar voordat ek gebore is. Ek weet, U hou van die waarheid, ook in die donker, U leer vir my wysheid waar niemand dit kan sien nie. U moet my reinig van my sonde, soos die priesters dinge reinig met 'n hisop-takkie. U moet my rein maak soos wanneer iemand iets skoon was, so skoon dat dit witter as sneeu is. U het my baie swaar laat kry, maar U moet my weer vrolik en bly maak, U moet my weer laat juig. U moenie na my sonde kyk nie, U moenie dink aan al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort. U moenie vir my weggooi nie, U moet altyd by my bly. U moet my red sodat ek weer bly kan wees, U moet my help om gehoorsaam te wil wees aan U. Ek sal vir mense wat opstandig is, leer hoe om vir U te dien, sondaars sal terugkom na U toe. O God, U moet my red sodat mense my nie doodmaak nie. U is die God wat my sal red, ek sal juig wanneer U my red. My Here, gee vir my die woorde om U te prys, want offers is nie vir U belangrik nie, U hou nie daarvan dat ek net brand-offers gee nie. Die offers wat God wil hê, is dat 'n mens jammer moet wees oor sy sonde. O God, U wil hê dat 'n mens sleg moet voel oor sy sonde en jammer wees daaroor.

PSALMS 51:1-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het. Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

PSALMS 51:1-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. Here, gee my die woorde om u lof te verkondig. 'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U nie hê nie. Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

PSALMS 51:1-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Toe die profeet Natan na hom gegaan het nadat hy met Batseba omgang gehad het. Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde; wis my oortredings uit volgens u groot ontferming. Was my heeltemal skoon van my sondeskuld en reinig my van my sonde want ek is deeglik bewus van my oortredings en my sonde is voortdurend voor my. Teen U, teen U alleen, het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U gelyk sal hê as U uitspraak lewer, volkome reg wanneer U oordeel. Kyk, in sondeskuld is ek gebore, sondig toe my moeder met my swanger geraak het. Kyk, getrouheid verwag u reeds in die moederskoot, in die verborgenheid leer U my wysheid. Neem my sonde weg met marjolein sodat ek rein kan wees, was my, dan sal ek witter as sneeu wees. Laat my weer uitroepe van vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente wat U verbrysel het, juig. Sluit u oë vir my sonde, en al my sondeskuld, wis dit uit! Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste. Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u •heilige Gees nie van my wegneem nie. Laat my weer die vreugde oor u verlossing ervaar, laat 'n gewillige gees my ondersteun. Ek wil oortreders u paaie leer, dat sondaars na U kan terugkeer. Red my van bloedskuld, o God, God wat my verlos, laat my tong juig oor u geregtigheid. My Heer, maak my lippe oop en my mond sal u lof verkondig. U vind immers geen vreugde in slagoffers nie, anders sou ek dit gee; •brandoffers aanvaar U nie. Offers aan God is 'n gebroke gees, 'n gebroke en verpletterde hart sal U, o God, nie minag nie.

PSALMS 51:1-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Wees my genadig, o God, na U goedertierenheid; delg uit na die grootheid van U barmhartighede uit my oortredings. Was my deeglik van my ongeregtigheid, en reinig my van my sonde. Want ek erken my oortredinge, en my sonde is altyd voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U geregverdig kan word as U spreek, en duidelik kan wees as U oordeel. Kyk, ek is gevorm in ongeregtigheid; en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U begeer waarheid in die binneste, en in die verborge sal U my wysheid leer ken. Reinig my met hisop, en ek sal rein word; was my, en ek sal witter wees as sneeu. Laat my blydskap en blydskap hoor; sodat die gebeente wat jy gebreek het, bly kan wees. Verberg u aangesig vir my sondes en wis al my ongeregtighede uit. Skep vir my 'n rein hart, o God; en vernuwe 'n regte gees in my binneste. Verwerp my nie van U aangesig af nie; en neem u heilige gees nie van my af nie. Gee my die vreugde van U verlossing terug; en ondersteun my met u vrye gees. Dan sal Ek oortreders U weë leer; en sondaars sal hulle tot U bekeer. Verlos my van bloedskuld, o God, God van my heil, en my tong sal jubel oor U geregtigheid. O HERE, open my lippe; en my mond sal U lof verkondig. Want jy wil nie offerandes hê nie; anders sou ek dit gee. U het geen behae in brandoffer nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart, o God, sal U nie verag nie. Doen goed na U welbehae aan Sion; bou die mure van Jerusalem. Dan sal jy 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en volbrandoffer; dan moet hulle bulle op jou altaar offer.

PSALMS 51:1-19

PSALMS 51:1-19 AFR83PSALMS 51:1-19 AFR83PSALMS 51:1-19 AFR83PSALMS 51:1-19 AFR83

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid