Psalms 51:1-19

Psalms 51:1-19 ABA

Vir die leier van die koor. 'n Psalm van Dawid toe hy seks gehad het met Batseba en die profeet Natan na hom toe gekom het. O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet alles wegneem wat ek verkeerd gedoen het. U moet my reinig en my sonde wegwas soos 'n mens iemand skoon was. Ja, ek weet self dat ek opstandig was, ek vergeet nooit my sonde nie. Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie. Ek weet, ek het verkeerd gedoen vandat ek gebore is, ek was 'n sondaar voordat ek gebore is. Ek weet, U hou van die waarheid, ook in die donker, U leer vir my wysheid waar niemand dit kan sien nie. U moet my reinig van my sonde, soos die priesters dinge reinig met 'n hisop-takkie. U moet my rein maak soos wanneer iemand iets skoon was, so skoon dat dit witter as sneeu is. U het my baie swaar laat kry, maar U moet my weer vrolik en bly maak, U moet my weer laat juig. U moenie na my sonde kyk nie, U moenie dink aan al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort. U moenie vir my weggooi nie, U moet altyd by my bly. U moet my red sodat ek weer bly kan wees, U moet my help om gehoorsaam te wil wees aan U. Ek sal vir mense wat opstandig is, leer hoe om vir U te dien, sondaars sal terugkom na U toe. O God, U moet my red sodat mense my nie doodmaak nie. U is die God wat my sal red, ek sal juig wanneer U my red. My Here, gee vir my die woorde om U te prys, want offers is nie vir U belangrik nie, U hou nie daarvan dat ek net brand-offers gee nie. Die offers wat God wil hê, is dat 'n mens jammer moet wees oor sy sonde. O God, U wil hê dat 'n mens sleg moet voel oor sy sonde en jammer wees daaroor.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid