PSALMS 106:38
PSALMS 106:38 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het onskuldige mense vermoor, hulle het hulle eie seuns en dogters ge-offer vir die afgode van Kanaän. Hulle het die land vuil gemaak met bloed.
PSALMS 106:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
PSALMS 106:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
en onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het. So is die land met bloed bevlek.
PSALMS 106:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en so onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en dogters wat hulle vir die afgode van Kanaän geoffer het. Die land is deur bloedskuld besoedel.
PSALMS 106:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En het onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en van hulle dogters, wat hulle aan die drekgode van Kanaän geoffer het, en die land is met bloed besoedel.