PSALMS 106:14-15
PSALMS 106:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Hulle was honger vrate in die woestyn, hulle het God getoets in die woestyn. En Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het, maar Hy het hulle ook siek gemaak en maer laat word.
PSALMS 106:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.
PSALMS 106:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het skaamteloos meer kos geëis in die woestyn, daar in die barre wêreld het hulle die geduld van God beproef. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar hulle van siekte laat wegteer.
PSALMS 106:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle gulsigheid het hulle in die woestyn oorval; hulle het God uitgedaag in die wildernis. Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het, maar Hy het 'n verterende siekte in hulle kele laat ontstaan.
PSALMS 106:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar het baie begeer in die woestyn en God in die woestyn versoek. En hy het hulle versoek gegee; maar het maerheid in hulle siel gestuur.