PSALMS 106:13 - Compare All Versions

PSALMS 106:13 ABA (Bybel vir almal)

Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het, hulle het nie gewag totdat Hy vir hulle sê wat hulle moet doen nie.

PSALMS 106:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.

PSALMS 106:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het en nie op sy leiding gewag nie.

PSALMS 106:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar gou het hulle sy dade vergeet; hulle het nie sy raad afgewag nie.

PSALMS 106:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle het gou sy werke vergeet; hulle het nie op sy raad gewag nie.

PSALMS 106:13 DB (Die Boodskap)

Maar hulle het gou-gou weer vergeet wat die Here gedoen het. Hulle was nie bereid om te wag totdat Hy vir hulle sê wat om te doen nie. Daar in die woestyn het hulle net aan hulleself gedink.

PSALMS 106:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Tog het hulle gou sy dade vergeet en nie op sy leiding gewag nie.