PSALMS 103:20-21 - Compare All Versions
PSALMS 103:20-21 ABA (Bybel vir almal)
Engele van die Here, julle moet die Here prys, julle wat sterk is en wat doen wat die Here sê. Al die sterre van die Here moet Hom prys, almal wat vir Hom werk en wat doen wat Hy wil hê.
PSALMS 103:20-21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
PSALMS 103:20-21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam. Loof die Here, alle hemelwesens wat Hom dien en sy wil doen!
PSALMS 103:20-21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Prys die HERE, julle wat sy boodskappers is, sterk helde wat sy woord uitvoer deur sy bevel te gehoorsaam. Loof die HERE, al sy hemelse magte, sy dienaars wat sy wil volbring.
PSALMS 103:20-21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Loof die HERE, sy engele, wat oorheers in krag, wat sy gebooie doen, en luister na die stem van sy woord. Loof die HERE, al sy leërskare; julle dienaars van Hom, wat sy welbehae doen.
PSALMS 103:20-21 DB (Die Boodskap)
Kom prys die Here, sterk engele wat vir die Here werk! Julle maak Hom baie gelukkig omdat julle doen wat die Here wil hê. Kom prys die Here, al julle ontelbare skares in die hemel wat Hom gelukkig maak!
PSALMS 103:20-21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Prys die HERE, julle magtige engele, julle wesens wat sy woord uitvoer, wat luister na sy woord! Ja, prys die HERE, sy hemelse leërmagte wat Hom dien en sy wil uitvoer!