PSALMS 103:19-22
PSALMS 103:19-22 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het sy troon in die hemel gesit, Hy is Koning van alles en almal. Engele van die Here, julle moet die Here prys, julle wat sterk is en wat doen wat die Here sê. Al die sterre van die Here moet Hom prys, almal wat vir Hom werk en wat doen wat Hy wil hê. Alles en almal wat die Here gemaak het, moet die Here prys op al die plekke waar Hy Koning is. En ek wil ook die Here prys.
PSALMS 103:19-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen! Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
PSALMS 103:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het sy troon in die hemel gevestig, sy heerskappy strek oor alles en almal. Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam. Loof die Here, alle hemelwesens wat Hom dien en sy wil doen! Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here op al die plekke waar Hy heers!
PSALMS 103:19-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het in die hemel sy troon gevestig, en sy heerskappy strek oor alles. Prys die HERE, julle wat sy boodskappers is, sterk helde wat sy woord uitvoer deur sy bevel te gehoorsaam. Loof die HERE, al sy hemelse magte, sy dienaars wat sy wil volbring. Loof die HERE, alles wat Hy gemaak het, op al die plekke waar Hy heers! Loof die HERE, o my siel!
PSALMS 103:19-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het sy troon in die hemel gereed gemaak; en sy koninkryk heers oor alles. Loof die HERE, sy engele, wat oorheers in krag, wat sy gebooie doen, en luister na die stem van sy woord. Loof die HERE, al sy leërskare; julle dienaars van Hom, wat sy welbehae doen. Loof die HERE, al sy werke in al die plekke van sy heerskappy; loof die HERE, o my siel!
PSALMS 103:19-22 Die Boodskap (DB)
Die Here regeer uit die hemel. Hy is die sterkste van almal. Hy heers oor alles. Kom prys die Here, sterk engele wat vir die Here werk! Julle maak Hom baie gelukkig omdat julle doen wat die Here wil hê. Kom prys die Here, al julle ontelbare skares in die hemel wat Hom gelukkig maak! Kom prys die Here, almal en alles wat deur Hom gemaak is! Prys Hom op elke plek waar Hy regeer. Ek wil ook die Here prys met my hele lewe!
PSALMS 103:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het sy troon in die hemel gevestig; Hy heers oor almal. Prys die HERE, julle magtige engele, julle wesens wat sy woord uitvoer, wat luister na sy woord! Ja, prys die HERE, sy hemelse leërmagte wat Hom dien en sy wil uitvoer! Prys die HERE, al sy skeppingswerke, oral in sy koninkryk. Ek wil die HERE prys.
