MARKUS 1:1-3 - Compare All Versions

MARKUS 1:1-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só: In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. ”

MARKUS 1:1-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak — die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

MARKUS 1:1-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hier begin die Goeie Nuus aangaande Jesus Christus, die Seun van God. In die boek van die profeet Jesaja staan geskryf: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. Hy is ’n stem wat uitroep in die woestyn: ‘Kry die Here se pad gereed. Maak vir Hom ’n hoofweg.’”

MARKUS 1:1-3 DB (Die Boodskap)

Die goeie nuus oor Jesus begin met Johannes wat mense gedoop het. Daaroor het God se boodskapper Jesaja jare gelede al geskryf: “Ek stuur my boodskapper voor jou uit om alles reg te maak vir jou koms, sê God. In die wildernis skree iemand hard uit: Maak seker dat die pad reg is waarop die Here moet loop. Dit moet mooi gelyk wees.”

MARKUS 1:1-3 ABA (Bybel vir almal)

Die goeie boodskap oor Jesus Christus, die Seun van God, begin soos dit in die boek van die profeet Jesaja geskryf is: “ Ek, die Here, stuur my boodskapper. Hy sal voor jou gaan en die pad vir jou gereedmaak. Iemand skree in die woestyn en hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here, julle moet sy paaie reguit maak.”

MARKUS 1:1-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die •Seun van God. Soos daar in die profeet Jesaja geskryf staan, “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit – hy sal jou pad gereedmaak. 'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad van die Here gereed, maak sy paaie reguit!’ ”

MARKUS 1:1-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God; Soos geskrywe is in die profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat U weg voor U uit sal berei. Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie gelyk.