MALEAGI 4:4
MALEAGI 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Julle moet onthou wat my dienaar Moses vir julle geleer het. Ek het vir hom al die wette gegee op Sinai-berg, en die wette is vir al die Israeliete.
MALEAGI 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel — insettinge en verordeninge.
MALEAGI 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Onthou die wet van my dienaar Moses, die voorskrifte en die bepalings wat Ek aan hom by Horeb gegee het vir die hele Israel.
MALEAGI 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Onthou die Wet van Moses, my dienskneg, wat Ek hom by Horeb beveel het en wat vir die hele Israel geld – die vaste voorskrifte en bepalings.
MALEAGI 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom by Horeb vir die hele Israel beveel het, met die insettinge en verordeninge.