MALEAGI 4

4
Naderende oordeel
1Die Here, die Almagtige, sê:
“Die dag kom
en dit brand soos ’n vuuroond.
Op dié dag sal alle verwaande,
alle goddelose mense
soos kaf deur vuur verteer word.
Niks sal oorbly nie,
nie wortel of tak nie.#4:1 4:1-6 is in die grondteks 3:19-24.
2“Maar die Son van Geregtigheid,
met genesing in sy vlerke,
sal opkom vir julle
wat eerbied en respek
vir My het.
Julle sal uitgaan en vrolik rondspring
soos kalwers
wat uit die kraal kom.”
3Die Here, die Almagtige, sê:
“Op dié dag sal julle
die goddeloses vertrap
asof hulle stof onder julle voete is.
4“Moenie vergeet om die voorskrifte
van my dienskneg Moses
te gehoorsaam nie.
Dit behels al die reëls en regulasies
wat Ek hom op Sinai#4:4 Grondteks Horeb. beveel het
om vir die hele Israel te gee.
5“Kyk, voordat die groot
en angswekkende Dag van die Here
aanbreek,
stuur Ek die profeet Elia na julle toe.
6Hy sal ouers
met hulle kinders versoen
en kinders met hulle ouers.
As dit nie gebeur nie,
sal Ek die land tref
met vernietiging.”

Tans Gekies:

MALEAGI 4: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid