Maleagi Maleagi 4

Maleagi 4
1Want kyk, die dag kom wat brand soos 'n oond; en al die hoogmoediges, en ook almal wat goddeloos handel, sal stoppels wees;
2Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan met genesing onder sy vleuels; en julle sal uittrek en opgroei soos kalwers van die stal.
3En julle sal die goddelose vertrap; want hulle sal as onder julle voetsole wees op die dag as Ek dit doen, spreek die HERE van die leërskare.
4Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom by Horeb vir die hele Israel beveel het, met die insettinge en verordeninge.
5Kyk, Ek stuur vir julle die profeet Elía voordat die groot en verskriklike dag van die HERE kom.
6En hy sal die hart van die vaders tot die kinders bekeer en die hart van die kinders tot hulle vaders, dat Ek nie kom en die aarde met 'n vloek tref nie.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid