LUKAS 17:37
LUKAS 17:37 Bybel vir almal (ABA)
Die dissipels vra toe vir Jesus: “Here, waar sal dit alles gebeur?” Jesus het vir hulle gesê: “Mense sal dit weet, soos hulle weet 'n dooie liggaam is daar waar aasvoëls bymekaarkom.”
LUKAS 17:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
LUKAS 17:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra hulle Hom: “Waar, Here?” Hy sê vir hulle: “Waar aas lê, daar sal aasvoëls ook bymekaarkom.”
LUKAS 17:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle vra toe vir Hom: “Waar, Here?” Hy antwoord hulle: “Waar die karkas lê, daar sal die aasvoëls ook versamel.”
LUKAS 17:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam ook al is, daar sal die arende versamel word.