LUKAS 17:31
LUKAS 17:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
LUKAS 17:31 Bybel vir almal (ABA)
As iemand daardie dag op sy huis se dak sit, dan moet hy nie afkom om sy goed in die huis te red nie. So ook, as daar iemand in die koringland is, dan moet hy nie omdraai nie.
LUKAS 17:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dan moet die man wat op die dakstoep sit, nie ingaan om sy besittings in die huis te gryp nie. Net so moet ook die man wat op die land is, nie omdraai huis toe nie.
LUKAS 17:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie op daardie dag op sy dakstoep sal wees, met sy besittings nog in die huis, moenie ondertoe gaan om dit te gaan haal nie. Net so moet die een op die landerye nie terugdraai na wat agter is nie.
LUKAS 17:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In dié dag moet hy wat op die dak is, en sy goed in die huis, nie afkom om dit weg te neem nie
LUKAS 17:31 Die Boodskap (DB)
Dan sal daar nie vir mense tyd wees om te vlug nie. As jy op jou stoep sit, moenie eers gou in jou huis ingaan om iets te vat nie. Dit gaan in elk geval nie help nie. En as jy buite op die lande werk, moenie eers teruggaan huis toe om skoon klere te gaan aantrek nie. Moet ook nie al jou kosbare besittings gaan haal nie. Nee, gee pad!