LUKAS 17:27
LUKAS 17:27 Bybel vir almal (ABA)
In daardie tyd het die mense aangehou om te eet en te drink en te trou en hulle kinders te laat trou tot die dag toe Noag in die ark ingegaan het. Toe het die watervloed gekom en alles verwoes.
LUKAS 17:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
LUKAS 17:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.
LUKAS 17:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het geëet, gedrink, in die huwelik getree en in die huwelik uitgegee, tot op die dag dat Noag die ark binnegegaan en die vloed gekom en almal vernietig het.
LUKAS 17:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het met vroue getrou, hulle is in die huwelik gegee, tot die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die vloed het gekom en hulle almal vernietig.