LEVITIKUS 8:15
LEVITIKUS 8:15 Bybel vir almal (ABA)
Moses het die bul geslag. Hy het die bloed geneem en hy het van die bloed met sy vinger aan die horings van die altaar gesmeer. Hy het die altaar gereinig. Hy het toe die bloed wat oorgebly het, onder teen die altaar uitgegooi en so het hy dit gewy en versoening gedoen vir die altaar.
LEVITIKUS 8:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.
LEVITIKUS 8:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het die bul geslag en van die bloed met sy vinger rondom die horings van die altaar gesmeer om die altaar te reinig. Hy het toe die res van die bloed teen die fondament van die altaar uitgegooi. So het hy die altaar aan die Here gewy sodat daarop versoening gedoen kan word.
LEVITIKUS 8:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het die bul keelaf gesny, van die bloed geneem en dit met sy vinger aan die horings van die altaar gesmeer. Hy het die altaar gereinig en die res van die bloed teen die basis van die altaar uitgegooi. Hy het dit geheilig om versoening daarvoor te doen.
LEVITIKUS 8:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het dit gedood; en Moses het die bloed geneem en dit met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gegooi, en die altaar gereinig en die bloed aan die onderkant van die altaar gegooi en dit geheilig om daarmee versoening te doen.
LEVITIKUS 8:15 Die Boodskap (DB)
en dit is toe geslag. Moses het van die bul se bloed gevat en daarvan met sy vinger reg rondom aan die horings van die altaar gesmeer om dit aan die Here op te dra. Hy het ook van die bloed teen die onderkant van die altaar uitgegooi om dit aan God te wy sodat die offers wat daarop gebring word, vir die oortredings kon betaal.
LEVITIKUS 8:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het die bul geslag, van die bloed gevat en met sy vinger van die bloed op die vier horings van die altaar gesmeer om dit te reinig. Die res van die bloed het hy teen die kant van die altaar uitgegooi. Op dié manier het hy die altaar geheilig sodat daarop versoening gedoen kan word.