LEVITIKUS 22:3
LEVITIKUS 22:3 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir hulle sê: Wanneer iemand van julle nageslag onrein is, en hy kom naby die gewyde presente wat die Israeliete aan die Here gewy het, dan moet julle hom afsny van my tempel. Ek is die Here.
LEVITIKUS 22:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
LEVITIKUS 22:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sê vir hulle: Nie een van julle of julle nakomelinge mag ooit van die gewyde gawes wat die Israeliete aan My wy, gebruik terwyl hy onrein is nie. Die persoon wat dit doen, mag nooit weer in my teenwoordigheid diens doen nie. Ek is die Here.
LEVITIKUS 22:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sê vir hulle, ‘As daar onder toekomstige geslagte enigiemand van julle nakomelinge is, wat terwyl hy •onrein is, naby die heilige gawes kom wat die Israeliete aan die HERE gewy het, moet daardie persoon uit my teenwoordigheid verwyder word. Ek is die HERE.
LEVITIKUS 22:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sê vir hulle: Elkeen uit julle hele nageslag onder julle geslagte wat na die heilige dinge gaan wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet van my aangesig uitgeroei word; die HERE.