JOHANNES 8:9
JOHANNES 8:9 Bybel vir almal (ABA)
Toe die mense hoor wat Jesus sê, het hulle almal weggegaan. Die leiers het eerste weggegaan, en toe het die ander mense begin weggaan. Net Jesus het daar gebly en die vrou het nog voor Hom gestaan.
JOHANNES 8:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
JOHANNES 8:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense.
JOHANNES 8:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dié wat dit gehoor het, het een vir een, van die oudste af, weggegaan – net Hy het oorgebly, en die vrou daar in die middel.
JOHANNES 8:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die wat dit gehoor het, deur hulle eie gewete oortuig, het een vir een uitgegaan, begin by die oudste tot die laaste toe
JOHANNES 8:9 Die Boodskap (DB)
Daar staan die Joodse geleerdes toe met ’n mond vol tande. Hulle het nie geweet wat om te doen of te sê nie. Een vir een het hulle toe maar weer tussen die mense in verdwyn. Die belangrikstes het eerste gemaak dat hulle wegkom. Hulle het die vrou net daar by Jesus gelos.