JOHANNES 8:7
JOHANNES 8:7 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het aangehou om vir Jesus te vra wat Hy dink hulle moet doen. Toe het Jesus opgestaan en Hy het vir hulle gesê: “As daar een van julle is wat nog nooit sonde gedoen het nie, dan moet hy haar eerste met 'n klip gooi!”
JOHANNES 8:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.
JOHANNES 8:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
JOHANNES 8:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle egter volhou met hulle vrae aan Hom, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een wat sonder sonde is, eerste 'n klip na haar gooi.”
JOHANNES 8:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy homself opgehef en vir hulle gesê: Wie onder julle sonder sonde is, laat hom eers 'n klip op haar gooi.
JOHANNES 8:7 Die Boodskap (DB)
Die Joodse geleerdes het egter aangehou neul. Uiteindelik kyk Jesus op en sê vir hulle: “Nou goed, gaan maar aan. Julle weet skynbaar wat om te doen. Maar daar is een voorwaarde: die een van julle wat nog nooit aan God ongehoorsaam was nie, moet die leiding neem. Hy moet eerste ’n klip optel en haar daarmee gooi.”