JOHANNES 8:47 - Compare All Versions

JOHANNES 8:47 ABA (Bybel vir almal)

Iemand wat aan God behoort, luister na wat God sê. Julle luister nie na wat Hy sê nie, want julle behoort nie aan God nie.”

JOHANNES 8:47 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

JOHANNES 8:47 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wie 'n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.”

JOHANNES 8:47 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy wat uit God is, luister na die woorde van God. Dit is waarom julle nie luister nie, omdat julle nie uit God is nie.”

JOHANNES 8:47 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy wat uit God is, luister na die woorde van God

JOHANNES 8:47 DB (Die Boodskap)

Ek kan maar net aan een rede dink: ’n kind van God sal mos graag na God luister. Julle wil nie na My luister nie, wat maar net kan beteken dat julle nie kinders van God is nie.”

JOHANNES 8:47 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Wie van God afkomstig is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie omdat julle nie van God afkomstig is nie.”