JOHANNES 8:42
JOHANNES 8:42 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “God is nie julle Vader nie, want julle is nie lief vir My nie. Ek het van God gekom en Ek is nou hier by julle. Ek het nie self besluit om te kom nie. Nee, God het My na die wêreld gestuur.
JOHANNES 8:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
JOHANNES 8:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur.
JOHANNES 8:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het vir hulle gesê: “As God julle Vader was, sou julle My liefgehad het, want Ek het van God af uitgegaan en nou is Ek hier. Ek het ook nie uit my eie gekom nie, maar Hy het My gestuur.
JOHANNES 8:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uitgegaan en van God gekom; en ek het nie uit myself gekom nie, maar Hy het my gestuur.
JOHANNES 8:42 Die Boodskap (DB)
Daarop antwoord Jesus toe: “As God julle Vader was, sou julle lojaal teenoor My wees en My liefhê. Kyk, hier staan Ek voor julle: Ek kom van daardie selfde God af. En Ek het nie sommer op my eie hier aangestap gekom nie. Nee, God self het My gestuur!