JOHANNES 8:31 - Compare All Versions
JOHANNES 8:31 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het vir die Jode wat in Hom glo, gesê: “As julle glo en doen wat Ek sê, dan sal julle regtig my dissipels wees.
JOHANNES 8:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.
JOHANNES 8:31 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels
JOHANNES 8:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Jesus vir die Jode wat Hom geglo het, gesê: “As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels
JOHANNES 8:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, dan is julle waarlik my dissipels
JOHANNES 8:31 DB (Die Boodskap)
Jesus sê toe vir hierdie Jode wat hulle vertroue in Hom begin stel: “Julle is regtig my volgelinge as julle glo wat Ek sê. Hou vas daaraan en leef daarvolgens. So sal julle ontdek wat vir God belangrik en sinvol is.
JOHANNES 8:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: “As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers