JOHANNES 8:26
JOHANNES 8:26 Bybel vir almal (ABA)
Ek kan nog baie ander dinge oor julle sê en Ek kan julle oordeel. Hy wat My na die wêreld gestuur het, doen reg. Ek vertel vir die mense van die wêreld alles wat Ek by Hom gehoor het.”
JOHANNES 8:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.
JOHANNES 8:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek kan baie dinge oor julle sê en 'n oordeel oor julle uitspreek; maar Hy wat My gestuur het, is geloofwaardig, en net wat Ek by Hom gehoor het, sê Ek vir die wêreld.”
JOHANNES 8:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het baie dinge om van julle te sê waaroor Ek julle kan oordeel; nogtans, Hy wat My gestuur het, is geloofwaardig, en wat Ek by Hom gehoor het, dit sê Ek vir die wêreld. ”
JOHANNES 8:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het baie dinge om oor julle te sê en te oordeel, maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek spreek tot die wêreld wat Ek van Hom gehoor het.