JOHANNES 8:10
JOHANNES 8:10 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het regop gestaan en Hy het vir die vrou gevra: “Mevrou, waar is die mense wat jou beskuldig het? Het iemand gesê die mense moet jou doodgooi met klippe?”
JOHANNES 8:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
JOHANNES 8:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
JOHANNES 8:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het toe regop gekom en vir haar gevra: “Vrou, waar is hulle? Het niemand jou veroordeel nie?”
JOHANNES 8:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Jesus homself opgehef het en niemand anders as die vrou sien nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie aanklaers van jou? het niemand jou veroordeel nie?